Waar ervaring en energie ontmoet

By Grondbeurs Eiendomsagente word die standvastigheid van ’n onderneming wat al 33 jaar in Worcester sake doen, gekombineer met die energie van ’n jong span.


By Grondbeurs Eiendomsagente word die standvastigheid van ’n onderneming wat al 33 jaar in Worcester sake doen, gekombineer met die energie van ’n jong span.

Die agentskap is trots daarop om ’n eenstop-oplossing te bied vir enigiemand wat eiendom wil koop, verkoop of verhuur.

Grondbeurs is in 1983 in die lewe geroep en bou sedertdien sy missie uit om die eiendoms- en verhuringsagent van keuse te wees in Worcester, Rawsonville en omstreke.

Hulle is ’n dinamiese jong span van agt wat reg staan om kliënte by te staan, hetsy vir verkoop of verhuring van eiendomme of selfs advies. As ’n klein familiebesigheid is langtermynverhoudinge vir hulle van kardinale belang en kom kliënte altyd eerste!

Kantoorure is Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00, maar natuurlik is die span na-ure beskikbaar om in kliënte se behoeftes te voorsien. Vir verkope, bel Stefanie by 079 697 8768 of Linda by 084 532 5242. Vir verhuring, skakel die kantoor by 023 342 7890 of besoek die webwerf www.rentbay.co.za. Grondbeurs se Facebookblad is by Rentals Worcester Grondbeurs. Grondbeurs beloof dat daar opwindende veranderinge in die nabye toekoms volg, so hou hierdie spasie dop!

You need to be Logged In to leave a comment.