Twee van HTS Drostdy se toutrekspanne verteenwoordig Suid-Afrika in die junior wêreldtoutrek-kampioenskapstoernooi wat van 5 tot 8 September in Castlebar, Ierland plaasvind. Die spanne het Maandag 2 September van die Kaapstadse Internasionale Lughawe na Dublin vertrek. Dit is die derde agtereenvolgende jaar wat die 480 kg-meisiespan en die tweede jaar wat die 520 kg- gemengde span deelneem. Hierdie spanne oefen deur die jaar en sal in koue en nat omstandighede hul staal moet wys teen spanne van oor die wêreld heen.Foto: