W.F. Loots Primêr het ’n ruim skenking van boeke en tydskrifte van Christelle Swart (Stofberg-prokureurs), Annemarie Dalhousie (Brandvlei-gemeenskapslid) en Sandra Cronje (Wolseley-gemeenskapslid) ontvang. Die boeke en tydskrifte is deur die skool verwelkom en sal by die skool se biblioteek gevoeg word waar dit ’n rol sal speel in die leesvaardighede van leerders.Simone van Deventer en van die leerders is baie opgewonde oor die skenking. Enigeen wat graag ’n verdere skenking wil maak, kan die skool by 023 231 0155 skakel.Foto:


W.F. Loots se biblioteek kry waardevolle toevoeging

You need to be Logged In to leave a comment.