1. Vertel ons meer van hierdie digbundel? Hierdie bundel is definitief uit die gemeenskap en vir die gemeenskap van Rawsonville en Worcester in die breë. Die tema is: ‘’Die lewe is ‘n reis…’’
2. Is dig nog altyd deel van u lewe? Hoe het dit gekom dat u tot op die punt van ‘n tweede digbundel publiseer, gekom het? Ek het dit tydens my matriekjaar aan Hoërskool Breërivier deel van my lewe begin maak. Ek glo dié eerste: Ek’s ‘n laaitie vannie flêtse en my aanspoorder, Kiwidore Fillis, het my gemotiveer om nie terug te kyk nie.
3. Watter invloed het u digwerk op die mense om u, en die mense in die gemeenskap? Ek glo elke Godgeskape mens is uniek en daarom verskaf dit my ontsettend genot om anders te skryf. My hoofdoel is uiteraard om met ‘n positiewe inslag te skryf in ons reeds stukkende gemeenskappe. Tweedens geniet ek dit om die leser saam op reis te neem en ondervind ek dat hulle, wie my skryfwerk lees, dit geniet.
4. Watter digters lees u graag en hoekom? Diana Ferrus, Adam Small, Willem Fransman (jnr). Hulle skryfwerk is fassinerend en prikkelend!
5. Enige raad aan jong aspirant digters daar buite? Leef en verwesenlik jou droom! Luister na jou hart, pen alles neer en bewaar dit vir jou nageslag. Gaan voluit, tel die mense rondom jou op en neem hulle saam!
Lesers wat graag ’n eksemplaar van die digbundel wil bekom, kan dit bestel by die skrywer deur ’n e-pos te stuur na frans.wiesie@rclfoods.com of te skakel na 078 039 3540 en ’n boodskap te laat.