Die Winelands Autumn Expo keer op 30 en 31 Mei terug na die Hoërskool Montana.
Die sukses van die 2024-ekspo was duidelik uit die aantal besoekers wat die verskillende geure en lewendige kultuur van die Kaapse Wynlande geniet het.
Meer as 100 verskaffers het bekroonde wyne, spiritualieë, kulinêre lekkernye en kunswerke vir die 2 500+ besoekers aangebied. Hope vermaak is opgedis met topmusikante soos Die Heuwels Fantasties en Jeod House.
Besoekers aan die 2025-Winelands Autumn Expo kan uitsien na ‘n wyer verskeidenheid aanbiedinge.
Die ekspo sal die beste plekke om te bly en te verken, venues om in te vier, avonture om te ervaar en produkte om te proe en te geniet, ten toon stel.
Wonderlike pryse sal ook op die spel wees asook heelwat kindervermak. Kaartjies kos R100 per volwassene, R40 vir tieners, en kinders onder 12 gratis. Veilige parkering is beskikbaar teen R10 per dag. Naweekkaartjies kos R160 by www.webtickets.co.za
• Die ekspo is kontantloos; onthou dus jou kaarte.


