Worcester Build it vir hardeware

Worcester Build it bied ’n reeks topgehalte hardewareprodukte aan inwoners van die dorp en omliggende gebiede. Die onderneming, voorheen bekend as Worcester Voorsieners, is reeds twee jaar Worcesteriete se aandoenhardewarewinkel. Die Durbanstraat-bes


Worcester Build it bied ’n reeks topgehalte hardewareprodukte aan inwoners van die dorp en omliggende gebiede. Die onderneming, voorheen bekend as Worcester Voorsieners, is reeds twee jaar Worcesteriete se aandoenhardewarewinkel. Die Durbanstraat-besigheid belowe om sy klante die beste diens, produkte en boukennis in die streek te bied.

Die winkel se dienslewering, wat ’n verskeidenheid van dienste en produkte insluit, strek regoor die dorp en so ver as dorpe binne ’n 400 km-radius van Worcester. Boonop is die onderneming ook uniek omdat hy gratis aflewering aan kliënte in Worcester bied, hoogs-opgeleide personeel het wat al jou vrae beantwoord en dakkappe volgens jou spesifikasies vervaardig. Bedryfs­ure van Worcester Build it is weeksdae van 07:30 tot 17:30 en Saterdae van 08:00 tot 13:00. Navrae: 0 023 342 2360 of 2 andries@worcbuildit.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.