Worcester Gimnasium het verlede Dinsdag (23 November) sy nuwe sportsentrum geopen en ook die naam – Sempark – bekend gemaak. Die nuwe sentrum is by die Seminarie-meisieskoshuis geleë. Dit sluit in ’n veeldoelige baan waar leerders hokkie, tennis en netbal kan speel en ook ’n swembad en opgeknapte klubhuis. Melissa Louw en Stefan Lotter het albei die naam benoem en ná ’n stemproses is Sempark as die gunsteling aangewys. Foto’s: Phiwokuhle Mothemela