Worcester Gimnasium is trots op sy slimkoppe

Worcester Gimnasium het nie minder nie as 32 matrieks wat A-gemiddeldes in verlede jaar se eindeksamen behaal het.


Worcester Gimnasium het nie minder nie as 32 matrieks wat A-gemiddeldes in verlede jaar se eindeksamen behaal het.

Altesaam 36 matrieks het B-gemiddeldes behaal.

Die skool spog met ’n 99,5%-slaagsyfer en 72,6% het Baccalaureus-graadvrystellings behaal. Altesaam 338 A-vakgemiddeldes is behaal.

Vyf van die matrieks het bo 90% gekry. Hulle is Deevya Narotam (92,86% – 7 vakonderskeidings), Charl Schoeman (92,57% – 7 vakonderskeidings), Suzanne Stofberg (92,57% – 7 vakonderskeidings), Anja Laubscher (90,86% – 7 vakonderskeidings) en Zanli Selders (90,86% – 7 vakonderskeidings).

Die beheerliggaam sê hulle is dankbaar en baie trots op elke Bosvark wat 2016 suksesvol afgelê het. Hulle bedank die skoolhoof, Charl Schoeman, en sy toegewyde personeel.

You need to be Logged In to leave a comment.