Die Mnr. en Mej. Worcester Gim 2021-gala-aand was weer ’n reusesukses. Hierdie geleentheid het onder die bekwame leiding van die Afrikaansonderwyser Grethe Steenkamp en haar span helpers alle verwagtinge oortref. Die bekende Suid-Afrikaanse akteur Dean Smith was die seremoniemeester en hy het met ’n klomp kwinkslae vorendag gekom. Die skool het al die borge wat die gala-aand moontlik gemaak het, bedank. Die wenners was: Stefan Lötter (Mnr. WG 2021), Stiaan Hancke (eerste prins), Dylan van Wyk (tweede prins), Jané van Eck (Mej. WG 2021), Amy Mahoney (eerste prinses), Juanita Erasmus (tweede prinses), Stefan Lötter (Mnr. Fotogenies), Juanita Erasmus (Mej. Fotogenies), Morgan Furley (Mnr. Persoonlikheid), en Zabeth Stofberg (Mej. Persoonlikheid). Foto: Dewald Kirsten


Worcester Gimnasium kroon mooistes

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Worcester Standard School Vibes Issue #3 – 5 December 2025
    Credit: Wynette King

Gift this article