Worcester Kidz-akademie het onlangs sy jaarlikse atletiek-pretdag aangebied en ouers het die dag saam met hul kinders geniet.
“Ouers het die dag saam met hul kinders geniet en glimlagte was oral te sien. Dit was wonderlik om te sien hoe ouers mekaar se kinders aanspoor om hul beste te gee,” het Charne Harding van Worcester Kidz gesê.
Ouers het die geleentheid gekry om hul bene saam met hul kinders te rek en selfs water-pret te geniet.
“Hier poog ons om die kinders op te voed sodat hulle leiers in die gemeenskap kan wees.”