Worcester Primêre Skool (WPS) se atletiekspan het onlangs aan die Boland-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Vyf leerders het gekwalifiseer om aan die Wes-Kaapse skoleatletiekbyeenkoms deel te neem. Hulle is: Joané Swanepoel (Boland-kampioen in 70 m-hekkies vir meisies o.11), Muneeba de Bruyn (gewigstootkampioen vir meisies o.10), Brent-Leigh Exstraal (tweede plek vir verspring vir seuns o.10), Imke Preuss (kwalifiseer vir gewigstoot vir meisies o.12) en Armand Croeser (kwalifiseer vir gewigstoot seuns o.13). WPS se o.12- en o.13-seunsaflosspan het derde plek by die Boland-byeenkoms behaal.Foto:


WPS atlete skitter by byeenkoms

You need to be Logged In to leave a comment.