Beyonce Snyman, die topmatrikulant by Worcester Sekondêre Skool, sê sy wil graag iets groots in haar lewe bereik.
Beyonce sê haar ma het baie vir haar en haar sibbe opgeoffer en dit is die rede hoekom sy haar as haar grootste rolmodel beskou. Sy sê sy het baie hard gewerk om haar matriek te slaag. “Die inperking het dit moeilik gemaak omdat ek nie naby onderwysers kon wees om vir hulp te vra nie.” Beyonce sê sy wil vanjaar onderwys of regte gaan studeer om bo haar omstandighede uit te styg.