Ter viering van Aarde-dag het Wyzneusies-kleuterskool in Goudiniweg naby Rawsonville op Donderdag 22 April bome geplant. Die leerders het ook toebroodjies gekry. Aarde-dag word internasionaal gevier en dien as ’n veldtog om mense die geleentheid te bied om hul stemme te verenig in die oproep vir ’n volhoubare toekoms. Van links, saam met leerders van die skool, is Hester Pietersen (onderwyser), Monia Marais (Chrisma-slaghuis), Paul Laverlot (Chrisma-slaghuis en oudleerder van Wyzneusies), Ockert Smit (Chrisma-slaghuis en borg), Sonja Miggels (onderwyser) en Denise Pieterse (onderwyser).Foto: Johette Pople


Wyzneusies plant bome om Aarde-dag te vier

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article